REISVERHALEN --> Afrika

Reisverhaal 1
Reisverhaal 2
Reisverhaal 3
 
SEEDRAMA: SKEPE JAAG OM JONG VROU TE RED     R.G. Ort
 
Deur Ons Skeepsverslaggewer
 

 

 

’n  Ware seedraina waarin die lewe van 'n jong vrou gered is, het gister in Kaapstad  geëindigd. Dit was die verhaal van twee skepe wat deur die nag na mekaar gejaag het, 'n noodoperasie wat op 'n rondvallende skip gedoen is, en van 'n jong offisier wat in die reddingspoging byna sy lewe verloor het.

Dit was my plig om die lewe van 'n mens te red. 'n Menselewe staan nommer een, het kapt. S. Ruijg, gesagvoerder van die Nederlandse passasierskip Jagersfontein, gistermiddag gesé.

Aan boord was die 26-jarige mev. E. J. N. Parr. eggenote van die gesagvoerder van die Britse tenk­skip Santa Fortuna, wat haar lewe sou verloor het as die Jagersfontein nie van koers verander en na die Santa Fortuna gejaag het rile.

Saterdagoggend om elf uur het, kapt. Parr in 'n algemene noodsein hulp,en raad gevra. Sy vrou was baie ernstig siek. Die Santa Fortuna was toe sowat vierhonderd myl wes-suidwes van Kaapstad op 'n vaart van Buenos Aires na Lourenҫo Marques.

Verswak Vinnig

Die skeepsdokters op die Jagersfontein, wat vierhonderd myl wes-noordwes van Kaapstad was. En die Edinburgh Castle, wat aan die weskus was, het die tenkskip die hele oggend per radio van raad bedien. Om 2 nm. het kapt. Parr laat weet, dat hy nie die regte medisyne aan boord het nie en dat sy vrou vinnig verswak.

Kapt. Ruijg het bereken dat by die naaste, aan die Santa Fortuna was en het dadelik van koers verander om die Santa Fortuna te gaan help. Die masjiene is wyd oop gedraal en die snelheid het na, 18 knoop (22½ m.p.u.) geklim. Die tenkskip het ook sy snelheid vermeerder en na die Jagersfontein gestuur. Gisteroggend om eenuur het die twee skepe mekaar 340 myl van Kaapstad gekry. Dit was 'n donker nag. daar was "n swaar deining en die wind het taamlik sterk gewaai.

ln Water Geval
Terwyl kapt. Ruijg die Jagersfontein so na moontlik aan die tenkskip gehou het. het dr. Jan de Boer met 'n boot daarheen oorgegaan. Op die Jagersfontein het, verpleegster Franҫoise de S. van Brienen en een van die passagiers. mev. (dr.) N. A. Brown ('n narko­tisceuse) reg gestaan om, indien nodig ook oor te gaan en met die Santa Fortuna na Lourenҫo Marques te vaar.

Dr. De Boer het besluit, dat mev. Parr na die Jagersfontein oorgeplaas kon word. Terwyl die boot langs die Santa Fortuna gelé het, het mnr. Johannes Wimmers tweede stuurman van die Jagersfontein, oorgespring sodat by die boot kon vashou. Hy het mis gespring en in die woelende water tussen die skip en die boot beland. maar die boot se bemanning het daarin geslaag om hom uit die water te trek.

Die draagbaar met mev. Parr is met toue in die boot neergelaat en 'n halfuur later was sy veilig op die Jagersfontein. De skip se hyskraan is gebruik om haar aan boord te bring, en dadelik het die Jagersfontein na Kaapstad gedraai. Met die wind van agter het die skip 19 knoop (23⅗ m.p.u.) behaal.

Intussen liet, dr. De Boer en dr. Brown op mev. Parr 'n noodoperasie uitgevoer wat twee uur geduur het. Sy het bloedoor­tappings nodig gehad, maar niemand het geweet wat haar bloedgroep is nie en dr. De Boer kon net plasma toedien. Die Jagersfontein het gistermiddag om halfdrie in Tafelbaai aangekom en mev. Parr is na 'n verpleeginrigting in Seepunt gebring.

Kapt. Parr is in kennis gestel dat sy vrou goed vorder. By hoop om haar in Lourenҫo Marques weer by die Santa Fortuna aan te sluit. Hul seuntjie van 2½ jaar, Simon is ook op die tenkskip. Mev. Parr se toestand was gisteraand bevredigend. 'n Tweede operasie sal moontlik vanoggend uitgevoer word.
 


Operatie aan boord van de “Jagersfontein”

RACE OP ZEE VOOR LEVEN ZIEKE VROUW

 CAPETOWN, maandag 31-10-1958

De 44-jarige mevrouw Jean Maxwell-Parr, de echtgenote van een Britse tankerkapitein is gisteren geopereerd aan boord van het Nederlandse 10.000 ton metende passagiersschip “Jagersfontein” na een spannende jacht tegen de tijd.

De tanker had s.o.s.-seinen uitgezonden om hulp voor de zieke vrouw die leed aan een acute aandoening en de “Jagers­fontein” wijzigde koers. De schepen voeren op topsnelheid naar elkaar en mevrouw Maxwell werd op de oceaan, 384 kilometer noordwest van Capetown, van de tanker op de “Jagersfontein” overgezet.

Dit gebeurde met een motorboot. Een lid van de bemanning van de “Jagersfontein” Johan Wimmers ontsnapte aan de dood, toen hij bij deze operatie zijn houvast verloor en overboord viel. Daarbij werd hij bijna tussen de twee schepen verpletterd. Hij kon zich op eigen kracht uit de netelige situatie redden. (Reuter)

naar boven